
Kapama Private Game Reserve
Die Kapama-Panstrat span kom al oor 'n tydperk van 7 jaar saam. Ons leef baie nou met mekaar saam............een ding kan ek van die PANSTRAT familie sê is - 'when we move......they move with us....' Kapama het begin as 'n 2 lodges met 'n totaal van 28 kamers en het gegroei in die afgelope 6 jaar na 4 lodges met 'n somtotaal van 106 kamers wat 'n spa en konferensie fasileite insluit. Dit het baie uitdagings aan PANSTRAT gestel en ons het SAAM BO UITGEKOM. Hulle was die heel tyd slegs 'n telefoonoproep ver en het ons belange hoog op hulle harte gedra......
HETTIE OLIVIER
Names Kapama Private Game Reserve
|

Lapeng Guest Lodge
Ons gebruik PANSTRAT reeds ongeveer 6 jaar.
Die program het die volgende voordele vir ons:
- Gebruikers vriendelik
- Nuwe personeel word sonder moeite touwys gemaak.
- Ten volle geintegreerde stelsel.
- Stel jou instaat om al jou finansiele state sonder moeite te bekom.
- Baie toepaslik vir die Akkommodasie & Restaurantbedryf.
- Transaksies is ten alle tye lewendig.
- Historiese inligting is maklik opspoorbaar deur ‘n effektiewe soekstelsel.
- Goeie voorraadbeheerstelsels.
PANSTRAT is altyd gereed om ons by te staan met enige tegniese probleme asook die aanpassing van die program om aan ons spesifieke behoeftes te voldoen.
Ons kan met vrymoedigheid die stelsel aanbeveel aan enigiemand in ‘n soortgelyke bedryf.
ANSIE SMULDERS
Namens Lapeng Guest Lodge |